Plaasaanval: Egpaar Wreed Aangerand en Gemartel deur Bose Plaasaanvallers in Vier Uur Lange Nagmerrie in Noordwes!

'n Wrede plaasaanval is die nag van 8 September 2021, om 20:00, in Kortfontein tussen Koster en Derby in die Noordwes provinsie uitgevoer. Chris Barnard en sy vrou Hesta is in hul huis deur drie aanvallers oorval en vir vier ure gemartel. Chris is erg aangerand en ook geslaan met 'n wielsleutel en 'n sweep. Sy vrou Hesta is met 'n warm strykyster verbrand en ook erg aangerand. Die drie aanvallers het ook van haar hare met 'n mes afgesny. Die bose plaasaanvallers het die huis gedurende die vieruur stryd geplunder terwyl hulle die egpaar voortdurend wreed gemartel het. Die aanvallers het uiteindelik omstreeks middernag van die toneel gevlug met die egpaar se bakkie, elektriese toerusting en ander huishoudelike items. Hesta het hulp ontbied en die plaaswag en ander rolspelers het gereageer. Beide Chris en Hesta is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem en die polisie ondersoek, maar daar is geen arrestasies dusver nie.   Luister en Lees ook: Ses Gewap…
Read more
  • 0

Een Kyk in Plaasaanvaller se Haat Gevulde oë en sy het Geweet dat sy Moet Veg of Sterf!

“Hy sou my doodgemaak het as ek nie baklei het nie,” het ‘n bejaarde vrou gesê wat besluit het om terug te veg nadat sy in die bloeddorstige oë van die plaasaanvaller gekyk, het in ‘n plaasaanval in Kameeldrift-Wes. Emmerentia Botha (57) het Sondag een blik in die bloeddorstige oë van die plaasaanvaller gegee, en besef dat sy sal moet terugveg, anders sal hy haar doodmaak. (more…)
Read more
  • 0

Pretoria man word nog ‘n statistiek van taxi geweld na aanval met baksteen

Hulle het geslaan om dood te slaan. Carel Kruger (43) was oortuig daarvan toe die baksteen-houe vir die soveelste keer op hom neerreën. Selfs toe hy bebloed na twee lede van die Tshwane-metropolisie gehardloop het, een aan die baadjie gegryp en gesmeek het: “Help!” het een van die aanvallers nog ’n hou ingekry. “Die twee metropolisiemanne het net daar gestaan. Hulle was gewapen, maar het niks gedoen nie.” Toe vlug Kruger maar tussen die voertuie in Lavenderweg in die noorde van Pretoria in en bel ’n vriend om hulp. Ander lede van die Tshwane-metropolisie het wel later ingegryp en twee vermeende aanvallers gevang, maar Kruger sê hy gaan klagte indien teen die twee wat volgens hom net gestaan en kyk het hoe hy veg vir sy lewe. “Ek is kwaad. Omdat ons so moet lewe, dat ek net nog ’n slagoffer is soos duisende ander,” sê hy. Hy het Vrydagaand net na 19:00 in Lavenderweg gery toe ’n wit taxi bane verwissel en amper reg voor hom inry. “Ek het getoet en ligte geflik…
Read more
  • 0