Search intensifies for missing Pretoria businessman,Omar Carrim 76

Gauteng MEC for Community Safety Sizakele Nkosi-Malobane on Monday met the family of Pretoria businessman Omar Carrim, who went missing after leaving his Home Hyper City shop in the CBD on Thursday last week. Nkosi-Malobane, with Tshwane West South African Police Services (SAPS) Cluster Commander Maj-Gen Daniel Mtombeni, assured the Carrim family that no stone is being left un-turned in the extensive search for the 76-year-old father of five. Carrim’s car, a Mercedes-Benz E300, which he was driving at the time, was found torched extensively near the Hennops Road (R511) outside Atteridgeville on Friday. Anti-crime activist Yusuf Abramjee, who is also spokesperson for the distraught family, said no ransom demand has been made. “We appeal to the public to come forward with any information. Someone, somewhere, somehow knows something. Omar’s car was found torched. It appears we are dealing with a dangerous syndicate,” said Abramjee. “The family appeals to the abducto…
Read more
  • 0

Spoorlyn in die weste van Pretoria kry nuwe baaidjie danksy publiek en Transnet

’n Uiterste verwaarloosde spoorlyn wat aan die weste van Pretoria geleë is, het gedurende die week ’n nuwe baadjie gekry. Die spoorlyn wat oor ’n groot gebied in die weste strek was vir ’n geruime tyd ’n groot probleem vir die plaaslike gemeenskap. Volgens DA-raadslid Elma Nel was die spoorlyn ’n reuse probleem in haar wyk. Sy vertel dat vir die eerste keer was daar goeie samewerking vanaf beide Transnet en die publiek. Nel spreek haar dankbaarheid uit teenoor almal wat ’n handjie bygesit het met die opruimings werk en loof die betrokke partye vir hul bereidwilligheid om te help. Nel beklemtoon dat sy alreeds van die begin van die jaar haar bemoei het met die skoonmaak van die spoorlyn. Volgens ’n inwoner, net bekend as Sarel, is hy verheug oor die skoonmaaksessie. Sarel vertel dat hy die afgelope 36 jaar in die gebied woon. Hy skryf die oorsaak toe aan onwettige storting wat gereeld plaasvind. Sarel vertel skertsend dat hy enkele dae te vore onwettige storters by die spo…
Read more
  • 0

Na drie dekades wil Gert van Rooyen se Seun saak heropen

Na bykans drie dekades lig pedofiel Gert van Rooyen se seun vir die eerste keer die sluier oor wat hy beweer op die dag van Gert en sy houvrou Joey Haarhoff se dood gebeur het. “Daar was nooit ‘n selfmoordpakt tussen my pa en Joey nie,” sê Gerhard in ’n video-opname wat op Facebook geplaas is. Gerhard het ook nadoodse foto’s van sy pa en Joey op Facebook gelaai. Hy het kenners uitgedaag om te bepaal dat die paartjie wel selfmoord gepleeg het. Van Rooyen en Haarhoff het na bewering tienermeisies tussen 1988 en 1990 in Pretoria ontvoer. In Januarie 1990 is die 16-jarige Joan Booysen ontvoer. Sy kon egter kort daarna uit die paartjie se huis in Pretoria ontsnap waarna sy die polisie op hul spoor gesit het. Van Rooyen en Haarhoff het dae later op die vlug geslaan toe hulle die polisie voor hul huis in Capital Park gewaar het. Hulle het in ‘n motor tot by die Apiesrivierbrug gejaag waar Van Rooyen glo eers Haarhoff en toe homself doodgeskiet het. Gerhard sê: …
Read more
  • 1

Dennis Haynes, vermis sedert 1986, word moontlik na 31 jaar opgespoor in Pretoria-Noord

ʼn Man van Bloemfontein wat in Februarie 1986 spoorloos verdwyn het, is moontlik ná 31 jaar in Pretoria opgespoor. Dennis Haynes was 22 jaar oud toe hy van Bloemfontein na Roodepoort vertrek het vir ʼn werksgeleentheid. Sy vrou en eenjarige dogtertjie het in Bloemfontein agtergebly. Dennis het egter nooit teruggekeer nie en sy familie kon hom nie in die hande kry nie. Hy is as vermis by die polisie aangemeld, maar ʼn soektog na hom het niks opgelewer nie. Desireé Haynes, Dennis se suster, was baie jonk toe haar broer vermis geraak het. Sy het Vrydag aan Maroela Media gesê dat die familie mettertyd aanvaar het dat hy waarskynlik dood is. “ʼn Vriendin van my het ses weke terug besluit om bietjie te begin krap. Ons het nie gedink ons sal hom lewend opspoor nie, maar ons wou graag weet watndestyds met hom gebeur het,” het Desireé gesê. Desireé se vriendin het ʼn Facebook-blad begin waarop sy ʼn foto van hom geplaas het en gevra het dat enigiemand wat hom moontlik gesien het …
Read more
  • 0

Pretoria-dieretuin oopgehou deur handjie vol nie-stakende werkers

Die Nasionale Dieretuin in Pretoria sal oop bly ondanks ’n staking van 120 dieretuinwerkers wat lede van die National Trade Union Congress (NTUC) is. Dit is sowat ’n derde van die werkers. Die res van die werknemers hou die dieretuin aan die gang. Craig Allenby, woordvoerder van die dieretuin, sê die dieretuin sal soos gewoonlik oop wees vir besoekers en “daarom is daar geen dringende behoefte aan vrywilligers nie”. Sondagoggend het lede van die SAPD by die dieretuin opgedaag om stakende werknemers wat die ingang versper het, uiteen te dryf. “Hulle het nie toestemming gehad ingevolge wetgewing om hier te wees nie,” sê Allenby. Die werkers het begin staak nadat geskille oor oortydbetaling nie opgelos kon word nie. Die 120 NTUC-lede het verlede week ’n kennisgewing van voorneme om te staak van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie aan die bestuur oorhandig. NTUC dring daarop aan dat werkers oortyd betaal word op ’n Saterdag en Sondag. ’n …
Read more
  • 0

Centurion-lisensiekantoor gesluit ná rooftog

Die lisensiekantore in Centurion is Woensdag gesluit ná ʼn rooftog Dinsdagaand. Daar is verskeie rekenaars en kameras tydens die aanval gebuit. Die Tshwane-metropolisie het in ʼn verklaring gesê die kantore is gesluit om die SAPDmtoe te laat om hul ondersoek ongehinderd uit te voer. Volgens die metropolisie en die munisipaliteit sal die kantore Donderdag weer oopwees, maar sal daar slegs beperkte dienste aangebied word. ’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat rekenaars, eNaTIS-skerms en ander rekenaartoerusting gesteel is. Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê die dienste wat Donderdag beskikbaar sal wees, sluit leerlinglisensies, praktiese toeste vir bestuurslisensies en die afhaal van nuwe lisensiekaarte in. “Daar sal tot verdere kennisgewing geen lisensiehernuwingsversoeke verwerk word nie. Mense kan in die tussentyd Akasia en Bronkhorstspruit se lisensiekantore besoek vir dié diens,” het Mahamba gesê.
Read more
  • 0

Vat my hande dat ek opstaan vir my volk – inskrupsie van ‘n indrukwekkende grafsteen in Pretoria-Wes

In die Nuwe Kerkhof in Pretoria-Wes (Rebeccastraat) staan ’n indrukwekkende grafsteen – ’n massiewe rotsblok waarop die veelseggende inskripsie aangebring is: Vat my hande dat ek opstaan vir my volk Dit is die laaste rusplek van een van Suid-Afrika se bekendste, maar ook een van die mees omstrede krygsmanne, generaal Manie Maritz. Salomon (Manie) Gerhardus Maritz is op 26 Julie 1876 in Kimberley gebore. Op 19-jarige ouderdom het hy na Johannesburg verhuis; vanweë sy vrywillige diens aan die Republiek met die Jameson-inval is aan hom die burgerregte van die Zuid-Afrikaansche Politie (ZARP) toegeken en met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog sluit hy hom as manskap by die Boksburg-kommando aan, om veral in Natal diens te doen. Maritz was ’n kort, bonkige man wat oor buitengewone liggaamskrag beskik het. Sy moed en dryfkrag het hom ’n gedugte teenstander gemaak. Hy het ’n rustelose geaardheid en ’n haastige humeur gehad wat hom baie vyande besorg het, maar sy patriotis…
Read more
  • 0

Oudste persoon ter wêreld in Pretoria te ruste gelê

Die “wêreld se oudste persoon” is op Saterdag 10 Junie in Pretoria begrawe nadat sy verlede week in die ouderdom van 134 oorlede is. Volgens die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling het dié bejaardevrou, Johanna Rametsi, van Hammanskraal in die verre noorde van die stad, die oudste persoon in die wêreld geword nadat die Indonesiër Saparman Sodimejo in April vanjaar in die ouderdom van 146 oorlede is. “Gogo Rametsi is op 1 Januarie 1883 in Krugersdorp aan die Wes-Rand gebore. Sy word oorleef deur twee van haar 16 kinders – haar dogters Wilhelmina Phiri (97) en Ouma Thema (79). Sy het 78 kleinkinders en 247 agterkleinkinders,” het die departement gesê. Die departement was aan die stuur van gemeenskapsinisiatiewe om vir Rametsi ʼn waardige begrafnis te reël. Die begrafnisdiens het om Saterdag 08:00 plaasgevind in Stinkwater, Hammanskraal, in die gemeenskapsaal langs Maratola Primary School.
Read more
  • 0