#Dirkiesdorp se “Zimbabwe Narratief”! Indiese Myngroep Atha Africa Gebruik Gupta Taktiek om Swartes Aan te Hits om Gewelddadig Teen Boere te Betoog!

Die skokkende, maar tog voorspelbare waarheid agter die hoogs gepolitiseerde en media-aangesteekte Dirkiesdorp-voorval, toe ‘n klaarblyklik goed georganiseerde groep aggressiewe en gewelddadige toyi-toyers die plaas Pampoenkraal op 9 April onwettig binnegeval het, wat aan Werner Potgieter behoort, is uiteindelik onthul! ‘n Indiese myngroep Atha Africa, het in Gupta / Bell Pottinger-styl, probeer om wit boere van hul grond te verdryf, met die volle samewerking van Adjunkpresident David Mabuza se regterhandman, Vusi Shongwe, LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling, Grond en Omgewing in Mpumalanga! Ons sal waarskynlik nooit weet wie vir wie betaal het, om wat te doen nie, en watse gunste geruil is nie, omdat die slagoffers van hierdie rassistiese intimidasie en geweld wit is! (more…)
Read more
  • 0

Oproep vir die dood van Amerikaners in SA – ‘Een koeël, een Amerikaner’, dreunsing dit buite Amerikaanse ambassade in Pretoria

ʼn Dreigement van “een koeël, een Amerikaner” is Donderdag buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria gejil waar honderde betogers byeengekom het om kapsie te maak teen Amerikaanse buitelandse beleid in die Midde-Ooste. “Die Amerikaners is die grootste terroriste ter wêreld. Hulle is verantwoordelik vir terreur in Kuba, Venezuela en talle ander lande in Suid-Amerika. Nou het hulle besluit die Midde-Ooste is hulle basis. Ons boodskap is dat daar geen tuiste vir julle is nie, anders gaan julle huis toe in kiste. Binnekort gaan julle die slagspreuk ‘een koeël, een Amerikaner’ hoor,” het Shuaib Booley, voorsitter van die Ahlul Bayt- Islamitiese Raad van Suid-Afrika onder luide toejuiging van die skare gesê. Booley het die skare gelei in krete van “Allahu akbar” (God is groot) terwyl ambassade-werkers die betoging op ʼn afstand gade geslaan het. Amptenare het Booley later gestuit voordat hy die gebou kon binnegaan as deel van ʼn afvaardiging wat ʼn memorandum sou oorhandig. Oo…
Read more
  • 0

Pretoria middestad in chaos gedompel – winkels is gestroop, geboue aan die brand gesteek en openbare vervoer opgeskort

Taxibestuurders het die strate ingevaar in Pretoria nadat een van hulle “kollegas” klaarblyklik deur ‘n uitlander gedood is. Verskeie winkels van uitlanders is gestroop en ‘n gebou is aan die brand gesteek. Pendelaars was gestrand nadat openbare vervoer opgeskort is. Die polisie moes oproeriges uitmekaar jaag wat die brandweervoertuie verhoed het om die toneel te bereik. Die burgemeester van Pretoria, Stephens Mokgalapa, het die optrede afgekeur en gesê dat vergeldings misdade nie verdra sal word nie. Verbygangers is met bottels en klippe bestook en veral media verteenwoordigers is met aggressie begroet. Pretoria se middestad is die afgelope twee dae in chaos gedompel, en mense word aangeraai om die deel van die stad te vermy.
Read more
  • 0

Strate van Pretoria vandag gesluit weens beplande optog

’n Beroep is gedoen op motoriste deur die Tswane-metropolisie om kennis te neem van ’n beplande optog vandag wat verkeer in die Pretoria gebied erg kan ontwrig. Woordvoerder van die metropolisie, Snr.supt. Isaac Mahamba het tydens ’n verklaring gesê dat die protestors onder die vaandel van die regering se kommunikasiediens (GCIS) se #100MenMarch, gaan begin saamkom vanaf 08:00 by ʼn oop gedeelte in Schubartpark, naby Kerkplein,. Die betogers beoog om 10:00 vanaf die hoek van Kgosi Mampuru- en Madibastraat, in Madibastraat reguit te beweeg tot by die Uniegebou. Al die kruisings in Madibastraat tot by die Uniegebou sal tydelik deur die optog geraak word. Volgens Mahambe behoort die betogers omstreeks 14:00 by die Uniegebou uiteen te gaan. “Metropolisiebeamptes sal ontplooi word om die betoging en strate wat geraak word te monitor. Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak,” het Mahamba gesê. GCIS se #100MenMarch word gehou om teen geweld te…
Read more
  • 0

 Betogers versper paaie rondom Pretoria met klippe en buitebande

Betogers het Dinsdag talle besige paaie rondom Pretoria met klippe en buitebande versper. Sefako Makgatho- en Molefe Makinta-  rylaan in Mabopane, die M17 langs Soshanguve en die N4 in Atteridgeville is deur die gewelddadige betogings geraak. Daar word beweer dat die betoging in Atteridgeville met taxi-kwessies verband hou, terwyl die betogings in Mabopane en Ga-Rankuwa glo uit ʼn gebrek aan dienslewering spruit. Woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, Isaac Mahamba,  het gesê metrobeamptes is besig om die geaffekteerde gebiede te monitor om te verseker dat inwoners nie verder ontwrig word nie. “Ons is bewus daarvan dat die meeste van die pendelaars in hierdie areas deur die betogings geraak is omdat sommige van die taxi’s en busmaatskappye hulle aan hierdie gebiede onttrek het, maar ons sal seker maak dat al die bedrywighede weer herstel word.” Metropolisiebeamptes moes vroeër rubberkoeëls afvuur om ʼn skare wat die M17 in Soshanguve versper het uitmekaar te jaag,…
Read more
  • 0