SAPD het Misluk om Gemeenskappe en Besighede te Beveilig in Onlangse ANC Onluste en Moet dus die Wapenwetsontwerp Terug Trek!

Dit is enige regering se primêre taak om wet en orde te handhaaf en stabiliteit te verseker, maar die ANC regering, ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Polisie en weermag, het oor die laaste weke in hierdie verantwoordelikheid geheel en al misluk. Regoor die land moes mense hulself, hul families, hul eiendom, en gemeenskappe verdedig en terselfdertyd beveilig, in ʼn tyd van grootskaalse onluste en anargie. Gelukkig is daar nog burghers met wapens wat die taak kan verrig in die afwesigheid van die SAPD en SANW. En wat nog erger was, is dat die arme inwoners deur die einste SAPD vermaan is omdat hul optredes glo onwettig was! (more…)
Read more
  • 0

Gauteng SAPD kon nie Onlangse ANC Onluste Ordentlik Bekamp nie Omdat Helfte van hul Blitspatrollie Voertuie nie Werk nie!

Meer as helfte van die 231 blitspatrollie voertuie in Gauteng staan stukkend ​​by polisiemotorhuise en privaat werkswinkels regoor die provinsie, sonder dat daar duidelikheid is oor wanneer hulle weer op pad sal wees. In totaal is 124 van die 231 blitspatrollie voertuie in die provinsie van die pad af volgens die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, meeste van hulle vir langer as 3 maande. (more…)
Read more
  • 0

Plundering & Geweld is 100% die ANC Leierskap se Skuld! Wie het Zuma Toegelaat om Korrupsie te Pleeg?

Terwyl die onluste wyer sprei met meer en meer besighede en fasiliteite wat sluit, wat tot voedsel tekorte lei, kom meer en meer mense en groepe tot die besef dat dit nie net die tsotsies en kriminele se skuld is nie. Dit is nou dekades wat die ANC hul eie party regeer met ‘n baie slap riem, en toegelaat het dat hul lede en leiers maak wat hulle wil met min sensuur of nagevolge, al het dit ANC stemmers nog meer verarm. (more…)
Read more
  • 0

TLU SA nie Verbaas deur Cele se Minagting van Konstitusionele Hof en Versuiming om Zuma in Hegtenis te Neem

TLU SA vind Bheki Cele se minagting van die hoogste hof in die land, deur sy versuiming om Zuma in hegtenis te neem, tekenend van die magsmisbruik wat in die ANC regering heers. Volgens TLU SA is dit die minister van polisie én nasionale polisiekommissaris Kehla Sithole, se mening dat hulle kan aan die konstitusionele hof voorsê of hulle skuldiges in hegtenis gaan neem of nie. (more…)
Read more
  • 0

Cele nie Haastig (of Bang) om Zuma in Hegtenis te Neem, Wyl Lindiwe Sisulu Media Beskuldig van Veroordeling!

Ons het nog altyd gesê dat ANC kaders baie skaars mekaar blameer of verklik, maar dit blyk dat die Zuma affêre die ANC leiers in ‘n moeilike posisie plaas. Die minister van polisie, Bheki Cele en die nasionale polisiekommissaris, Khela Sitole het die Grondwethof skriftelik in kennis gestel, dat hulle nie nou al vir oud-president Jacob Zuma in hegtenis gaan neem nie, hangende die twee hofaansoeke wat Zuma gebring het, om sy vonnis te hersien. Dit kom na die grondwetlike hof Zuma verlede week skuldig bevind hat aan minagting van die hof, en hom tot 15 maande tronkstraf gevonnis het, nadat hy nie ‘n bevel om voor die ondersoek na staatskaping te verskyn, nagekom het nie, maar Zuma beweer sy konstitusionele reg tot stilswye is hiermee geskend. (more…)