Oudminister Danie Steyn sterf op die ouderdom van 94 in Pretoria

Oudminister Danie Steyn, ’n lid van oudpres. P.W. Botha se kabinet, is Saterdag in die ouderdom van 94 jaar in Pretoria oorlede. “Dit is hartseernuus,” het Pik Botha, ’n jare lange vriend en kollega van Steyn, Sondagmiddag gesê. P.W. Botha het Steyn, ’n ingenieur, in 1980 as adjunkminister van onderwys en opleiding aangestel, voordat hy minister van mynwese en energie geword het. Steyn was later minister van ekonomiese sake en tegnologie. Hy het in 1989 uitgetree toe oudpres. F.W. de Klerk as NP-leier en president by P.W. Botha oorgeneem het. Pik Botha (nou 85) was minister van buitelandse sake toe hy en Steyn kabinetskollegas was. “Toe die Hertzogiete (van dr. Albert Hertzog) in 1970 van die Nasionale Party weggebreek het om die Herstigte Nasionale Party (HNP) te stig, was ek ondersekretaris van die departement van buitelandse sake. “John Vorster (eerste minister) het my toe gevra om die politiek te betree. Willie Marais, wat destyds die kiesafdeling Wonderb…
Read more
  • 0