Riool in Erwe en Strate is Blykbaar Normaal vir ANC Leiers en Ondersteuners, Maar selfs DA Beheerde Tableview Sukkel!

Nuus.net het verlede week berig oor die stand van riool in Emfuleni op die Wesrand, wat gepaard gaan met die gebrek van dienslewering van munisipaliteite, en gebrek aan instandhouding. Dit is nou nie meer net ‘n ongerief nie, maar raak onveilig en ongesond, en in DA beheerde Tableview in die Kaap ontwrig dit normale lewe. Dit blyk asof raadslede nie weet wat ecoli is nie? (more…)
Read more
  • 0

 Betogers versper paaie rondom Pretoria met klippe en buitebande

Betogers het Dinsdag talle besige paaie rondom Pretoria met klippe en buitebande versper. Sefako Makgatho- en Molefe Makinta-  rylaan in Mabopane, die M17 langs Soshanguve en die N4 in Atteridgeville is deur die gewelddadige betogings geraak. Daar word beweer dat die betoging in Atteridgeville met taxi-kwessies verband hou, terwyl die betogings in Mabopane en Ga-Rankuwa glo uit ʼn gebrek aan dienslewering spruit. Woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, Isaac Mahamba,  het gesê metrobeamptes is besig om die geaffekteerde gebiede te monitor om te verseker dat inwoners nie verder ontwrig word nie. “Ons is bewus daarvan dat die meeste van die pendelaars in hierdie areas deur die betogings geraak is omdat sommige van die taxi’s en busmaatskappye hulle aan hierdie gebiede onttrek het, maar ons sal seker maak dat al die bedrywighede weer herstel word.” Metropolisiebeamptes moes vroeër rubberkoeëls afvuur om ʼn skare wat die M17 in Soshanguve versper het uitmekaar te jaag,…
Read more
  • 0