Oproep vir die dood van Amerikaners in SA – ‘Een koeël, een Amerikaner’, dreunsing dit buite Amerikaanse ambassade in Pretoria

ʼn Dreigement van “een koeël, een Amerikaner” is Donderdag buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria gejil waar honderde betogers byeengekom het om kapsie te maak teen Amerikaanse buitelandse beleid in die Midde-Ooste. “Die Amerikaners is die grootste terroriste ter wêreld. Hulle is verantwoordelik vir terreur in Kuba, Venezuela en talle ander lande in Suid-Amerika. Nou het hulle besluit die Midde-Ooste is hulle basis. Ons boodskap is dat daar geen tuiste vir julle is nie, anders gaan julle huis toe in kiste. Binnekort gaan julle die slagspreuk ‘een koeël, een Amerikaner’ hoor,” het Shuaib Booley, voorsitter van die Ahlul Bayt- Islamitiese Raad van Suid-Afrika onder luide toejuiging van die skare gesê. Booley het die skare gelei in krete van “Allahu akbar” (God is groot) terwyl ambassade-werkers die betoging op ʼn afstand gade geslaan het. Amptenare het Booley later gestuit voordat hy die gebou kon binnegaan as deel van ʼn afvaardiging wat ʼn memorandum sou oorhandig. Oo…
Read more
  • 0

Huiseienaar word gedreig nadat hy 2 rowers afmaai by sy woning

Jy is ’n moordenaar! Ons gaan jou doodmaak, jou moordenaar! -Dít was die woorde van ’n groep mense wat Maandagoggend voor ’n huis in Lynnwoodrif, Pretoria, bymekaargekom het nadat die huiseienaar Saterdag twee rowers by dié huis doodgeskiet het. Die huiseienaar het intussen Maandag ’n klag van intimidasie by die Garsfontein-polisiekantoor ingedien. Luidens sy verklaring aan die polisie het sy tuinwerker hom omstreeks 10:00 geroep en gesê daar is “baie mense voor die hek wat lawaai” en dat hy moet gaan ondersoek instel. Buite sy hek het hy tien mense gesien, onder wie vier vroue. Intussen het ’n veiligheidsbeampte van Interactive Security op die toneel opgedaag. Die mense het op die huiseienaar geskree en hom ’n moordenaar genoem. Een vrou het geskree: “Jy is ’n moordenaar! Nou het ons jou adres. Ons sal jou doodmaak, jou moordenaar,” lui die polisieverklaring. Hy het die veiligheidsbeampte gevra om die polisie te ontbied, waarna die groep mense in hul voert…
Read more
  • 0