Na Meer as R500 Miljard en Twee Jaar se Totalitarisme, Stop ANC Stilletjies hul Drakoniese Inperking Maatreëls, Maar het ONS Enigiets Geleer?

Nadat baie mense en organisasies soos PANDA, die Solidariteit Beweging en Nuus.net, nou al vir amper 2 jaar vir die ANC gesê het dat lockdowns nie werk nie -  en die bietjie van die ekonomie wat oorgebly het verder sal vernietig - en organisasies soos AfriForum en Solidariteit drakoniese lockdown maatreëls ook in die hof probeer beveg het - waar die ANC se handpop regters alle aansoeke teen die ANC se lockdowns en noodtoestand eenvoudig afgeskiet het, is lockdowns en kwarantyn prosedure nou so stil-stil effektief afgeskaf. Maar die skade is gedoen en die ANC het natuurlik ook reeds deur die R500 Miljard gevreet, wat hulle van organisasies soos die Wêreldbank en ander gekry het aan die begin van die lockdown periode in April 2020. Geld wat ONS moet terugbetaal! Laat ons ook nooit, maar nooit, die ANC se rasse diskriminasie vergeet ten tyde van die lockdown nie - soos bv. dat hulpmaatreëls slegs gegeld het as jy swart is, al het die ANC die ekonomie heeltemal afgesluit en b…
Read more
  • 0

Werkloosheid in Sosialistiese SA op 44,4% met dié wat nie wil Werk Ingesluit, en dra glo by tot Onluste en Plundery!

Suid Afrika het nou die ergste werkloosheid ter wêreld volgens 'n Bloomberg monitor, en val nou onder ander rampspoedige lande soos Colombia, Cuba, Syria en Venezuela. Vir al Ramaphosa se mooi praatjies en beloftes, verstaan hy nie dat een hoofdoel van 'n goeie regering, is om 'n ekonomie daar te stel, wat die inwoners van die land die geleentheid gee om 'n eerlike bestaan te kan maak. Die ANC regering doen dit allermins. Hulle stel 'n voorbeeld van korrupsie en onvolwassenheid. Korrupsie bou geen ekonomie. Plundery is net dit. Dit bou niks. En dan die belaglike redes wat aangevoer word: gratis behuising, gratis onderrig, gratis als, wat die bogenoemde net vererger. En as ANC aanhangers dit nie gratis kry nie, gooi hulle 'n vloermoer soos 'n kleuter, en brand alles af wat hulle sien. (more…)
Read more
  • 0

R6,6 miljoen motorwassery vernietig deur vandale, maar Tshwane-woordvoerder blameer die weer

'N Multimiljoenrandse motorwasprojek wat deur die stad Tshwane besit word en wat bedoel was om werk te skep vir die jeug van Mamelodi en die ekonomie van die township te versterk, is amper gesloop. SowetanLIVE het berig dat die Reitiretse-geïntegreerde voertuigwasfasiliteit in Mamelodi-Wes is deur misdadigers gestroop is voordat dit selfs sy deure oopgemaak het. Die fasiliteit van R6,6 miljoen lyk nou baie na die dag toe dit in November 2015 van stapel gestuur is. Toe Sowetan Donderdag die fasiliteit besoek het, het die strukture alreeds hul dakke en raamwerk verloor, terwyl die ablusie geriewe van die toiletstoele en wasbakke gestroop is. Die vensters en ander toebehore is gevandaliseer. Reitiretse is van stapel gestuur deur die voormalige Tshwane-burgemeester Kgosientso Ramokgopa en die premier van Gauteng, David Makhura. Destyds het die perseel vir 'n motorwassery 'n volledig toegeruste wassery en 'n volledig toegeruste haarsalon bevat. Die projek, wat naby Ma…
Read more
  • 0