Oud Suid-Afrikaner noodlottig gewond na skote helder oordag klap by Menly Maine-winkelsentrum

JB Strydom is Maandag helder oordag in die parkeerterrein van die Menlyn Maine-winkelsentrum doodgeskiet. Strydom (44), wat etlike jare lank ’n insleepdiens-onderneming in Kempton Park bedryf het, was net vir ’n kort besoek in Suid-Afrika was nadat hy onlangs na Brittanje geëmigreer het. Hy is in die parkeerterrein van die Menlyn Maine-winkelsentrum tromp-op in die bors geskiet toe hy glo vir ’n vriend in die bres probeer tree het. Volgens inligting ontvang was Strydom by die sentrum om ’n vriend te ontmoet. ’n Woordewisseling het uitgebreek tussen dié vriend en ’n ander man wat uiteindelik vir Strydom geskiet het. Cedric Martel, eienaar van Le Martel Security, wat by die sentrum was vir ’n vergadering sê hy het ook die stryery gehoor op die vêrste punt van die parkeerterrein. Volgens beriggewing van Netwerk 24 was daar twee anonieme ooggetuienis wat gesien het hoe die man geskiet is deur ’n “man met donker hare en ’n lang poniestert”. Albei het ook die stryery gesi…
Read more
  • 0