Vroulike motoris van Pretoria gedood tydens rooftog

‘n Vroulike motoris is gedood tydens ‘n kontantwa roof in Pretoria Noord. ‘n Skietgeveg tussen Fidelity wagte en die rowers het gelei tot haar dood toe sy getref is deur ‘n koeël. Dit is die soveelste kontantwa roof in die afgelope weke en die rowers het gevlug met ‘n onbekende bedrag kontant. Die geldwa is opgeblaas en twee ander voertuie is beskadig. Kenners meen dat dit tyd word dat daar van “spookwaens” gebruik gemaak word om diegene in lokvalle te lok waar hulle summier doodgeskiet kan word. Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0