Beloning uitgereik om inligting te bekom oor plaasmoord te Donkerhoek, oos van Pretoria

Sedert die moord op ‘n hoewe op Donkerhoek, oos van Pretoria, in 2015, was daar geen vordering in die ondersoek nie, wat daartoe gelei het dat ‘n beloning nou uitgereik word in ‘n poging om meer inligting te bekom. Op 15 November 2015, nou twee jaar gelede, is die 32-jarige Gavin Wolfswinkel vermoor, en Lucky Sithome is ook in die aanval dood. Wolfswinkel sou ‘n maand later getrou het. Die Boschkop polisiekantoor, wat die gebied bedien waar die moord gepleeg is, was al voorheen dikwels in omstredenheid gedompel omdat lede nie hulle werk doen nie of selfs openlik rassisties teen blanke klaers optree. Chnay Coetzer, Wolfswinkelse suster, sê die gebrek aan vordering deur die polisie met die ondersoek, het hulle as familie laat besluit om ‘n private speurder aan te stel en ‘n beloning vir bruikbare inligting uit te loof. Lede van die publiek wat enige inligting het, kan dit deurstuur aan Chnay Coetzer by 079 522 1210. Mense is welkom om anoniem hulle inligting te deel e…
Read more
  • 0