Letterlik ’n swart Vrydag in Pretoria na twee geldwaens beroof is in die area

In Pretoria se westelike gebied, by die Kit Kat Plaza, is ’n geldwa beroof en minstens een sekuriteit beampte is gewond in die voorval. Die gewapende rowers het nie gehuiwer om die sneller te trek nie, en het met ’n onbekende bedrag die hasepad gekies. ’n Woordvoerder van die polisie sê die een verdagte het in ’n ambulans weggevlug, Op dieselfde dag is ’n tweede geldwa sowat 50 kilometer noord van Pretoria, op die N1 naby Hammanskraal afgetrek deur drie gewapende skurke. Die geldwa is deur ’n ander voertuig gedwing om te stop deur in hom vas te ry, waarna die gewapendes opgetree het. Die voorvalle is later deur ’n leser beskryf as nog gebeure van ’n Swart Vrydag, want baie geld is deur ’n klein klompie gewapende diewe weggedra. Verskeie persone het die mening uitgespreek dat die twee rooftogte waarskynlik deur dieselfde span diewe uitgevoer is, en dat hulle binnekring inligting gehad het.
Read more
  • 0