NUUS! Moeg dat blankes afgeskeep of aangeval word in die nuus? Stig ‘n plaaslike of dorp’s nuusblad!

Dink U en U vriende of familie dat dit hoog tyd is dat die blanke gemeenskap hul eie nuus, belange en sake beheer? Moeg vir sogenoemde "onbevooroordeelde" berigte op platforms, wat slegs die belange van die meerderheid promoveer en weerspieël? Het U besef daar is nie so iets soos 'n neutrale nuus platform nie? Moeg vir politieke korrektheid? Met ons help kan U of U gemeenskap nou 'n nuusblad skep vir U plaaslike dorp! Ons verskaf die webwerf, hosting en domeinnaam (bv. dorpnaam.nuus.net) gratis. Al die ander gemeenskappe in Suid Afrika het voldoende, indien nie meer as genoeg, ondersteuning en fondse en platforms om hul eie belange te weerspieël. So dié splinternuwe projek beoog om die afgeskeepte blanke gemeenskap 'n stem te gee om hul eie nuus en belange te deel,  plaaslike gebeurtenisse en funksies aan te kondig, sake to promoveer, en kultuur, taal, geskiedenis, kuns, ens., te weerspieël. Berigte van nasionale belang sal op die hoofblad en op X en op ons bakkiesblad met 8…
Read more
  • 0

Konstitusionele Hof Verklaar UNISA Taalbeleid Ongrondwetlik na 5 Jaar Lange Hofsaak!

Dit is tragies dat die howe die ware diversiteit van Suid-Afrika, met 'n dosyn tale, van die ANC regime moet beskerm, maar dit bly egter onverkwiklik dat die regering diversiteit predik maar eentaligheid toepas. Aan die vooraand van Erfenisdag is die uitspraak dus gepas deurdat dit die taalregte van studente erken en ʼn bepaalde verpligting ten opsigte van uitvoering aan Unisa opgelê het. Dit is ewe onverkwiklik dat taal- en kultuurgemeenskappe hulle in die finale instansie na die howe moet wend om hulle regte op te eis aangesien diverse tale met spesifieke verwysing na Afrikaans, grootliks uitgerangeer word, veral by histories Afrikaanse universiteite.   Die Afrikanerbond het 'n verklaring uitgereik om hul vreugde uit te spreek na die Konstitusionele Hof se uitspraak, dat Unisa se taalbeleid ongrondwetlik en onregmatig is. Hulle het die geleentheid gebruik om AfriForum geluk te wens met die saak teen Unisa en hulle deursettingsvermoë om die saak na 5 jaar afgehandel …
Read more
  • 0

ANC Party nie Meer Belangriker as Self nie? Nieteenstaande Miljarde se Korrupsie, kan ANC Party nie Salarisse Betaal nie en kan OVK Sperdatum mis

Lewe deur stakings, sterf deur stakings - Met miljarde wat deur die korrupte ANC leierskap bymekaar gemaak is, kan die ANC Party nie sy personeel betaal nie, wat nou weier om oortyd te werk. Selfs die moontlikheid dat hul kandidate nie betyds vir die verkiesing kan registreer nie, is nie genoeg beweegrede vir hulle om 'n hand in hul eie sak te steek nie Dit bewys dat die ANC leierskap se prioriteite lê by selfverryking, nie die Party of die land nie. (more…)
Read more
  • 0

EFF: As die Stad Tshwane nie die standbeeld van Paul Kruger van Kerkplein af verwyder nie,sal ons dit doen

“Ons doen ’n belangrike beroep op die Stad Tshwane, as hoofstad van die land, om Madikizela-Mandela te vereer. Sy het ’n enorme bydrae tot die land gelewer en word nie genoeg daarvoor vereer nie,” het Mabogoane Donderdag by navraag gesê. Hy sê die EFF het die Tshwane-metro twee opsies gegee: Kruger se standbeeld word óf verskuif na ’n ander plek, of word heeltemal gesloop. “Ons vra nog altyd dat die standbeeld verwyder word. Dit is ’n belediging vir swart mense. Indien die stad dit nie verwyder nie, sal ons dit self doen, ons het dit al voorheen gedoen.” Mabogoane sê hulle het in die stadium nie ’n sperdatum vir die stad om die standbeeld te verwyder nie, maar hulle is ernstig oor die saak. Hy sê dit is deel van die EFF se mandaat om ontslae te raak van alle simbole en standbeelde wat aan apartheid gekoppel is. Intussen het die VF Plus in ’n verklaring gesê hy distansieer hom van die EFF se versoek dat die standbeeld van Kruger vervang moet word met dié van Madik…
Read more
  • 0

Skoolhoof van Pretoria maak verskil in lewens van skoolkinders

“Elke oggend kan ek nie wag om by die skool te kom nie en te kan weet ek het die lekkerste broodjies by die skool en dan 1ste pouse kry ek ook nog ’n lekker bord kos. Dit gaan nie altyd so lekker by die huis nie. Maar ek weet ek word darm (sic) versorg elke dag en nag.” Een van die kinders van die Laerskool Genl. Nicolaas Smit in Pretoria wat geduldig in ’n ry staan en wag vir ’n bord kos – wat waarskynlik haar enigste vir die dag sal wees – het dié briefie geskryf. Sy is een van 360 kinders wat by die skool eet, want haar ouers het geen inkomste nie. “Tannie, tannie, dit voel of ek by ’n restaurant eet,” kom spog ’n klein graad 4-meisietjie oor haar bord kerrie-en-rys. Sy maak haarself sit net neffens my en begin met groot genoegdoening eet. Van die ander kinders storm baldadig op die Taalgenoot-fotograaf af. “Neem my af, oom. Neem my af!” Dit lyk nie of die feit dat daar nie kos by die huis is nie, hulle vreugde demp nie. ’n Skeppie kerrie-en-rys stil die honge…
Read more
  • 0

Kleinfontein – Ons God, Ons Volk, Ons Land

Kleinfontein is 'n nedersetting naby Pretoria, wat in 1992 deur Afrikaners as 'n kulturele dorp gestig is. Dei dorp is gestig deur afstammelinge van die oorspronklike Voortrekkers of Boere wat selfbeskikking gesoek het  in 'n outonome Volkstaat. Die kriteria om in Kleinfontein te woon, is gebaseer op kulturele, taalkundige, tradisionele en godsdienstige oortuigings. Die inwoners van die dorp assosieer hulself met die Voortrekker-geskiedenis, die Bloedrivierverbond en ander "historiese feite wat verband hou met ons stryd om onafhanklikheid vir die Afrikaners." Vanaf 2012 het  Kleinfontein een van Suid-Afrika se oorblywende blanke alleen-nedersettings geword en is deur die Gautengse wetgewer as 'n kulturele gemeenskap erken. Die grond wat oos van Pretoria geleë is en vandag  as  Kleinfontein bekend  staan het in 1988 tydens die viering van die 150ste herdenking van die Groot Trek onder Afrikaneraktiviste se aandag gekom.  Die plaas het hul aandag getrek omrede dit as ’n …
Read more
  • 0

Oudste persoon ter wêreld in Pretoria te ruste gelê

Die “wêreld se oudste persoon” is op Saterdag 10 Junie in Pretoria begrawe nadat sy verlede week in die ouderdom van 134 oorlede is. Volgens die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling het dié bejaardevrou, Johanna Rametsi, van Hammanskraal in die verre noorde van die stad, die oudste persoon in die wêreld geword nadat die Indonesiër Saparman Sodimejo in April vanjaar in die ouderdom van 146 oorlede is. “Gogo Rametsi is op 1 Januarie 1883 in Krugersdorp aan die Wes-Rand gebore. Sy word oorleef deur twee van haar 16 kinders – haar dogters Wilhelmina Phiri (97) en Ouma Thema (79). Sy het 78 kleinkinders en 247 agterkleinkinders,” het die departement gesê. Die departement was aan die stuur van gemeenskapsinisiatiewe om vir Rametsi ʼn waardige begrafnis te reël. Die begrafnisdiens het om Saterdag 08:00 plaasgevind in Stinkwater, Hammanskraal, in die gemeenskapsaal langs Maratola Primary School.
Read more
  • 0