Oom Paul spog nou met ‘n splinternuwe baadjie by sy graf

Nadat sy graf in Julie vanjaar gevandaliseer is, het Jacques Müller, 'n beeldhouer van Centurion, aangebied om nie net die beskadigde borsbeeld op die graf van oudpres. Paul Kruger te restoureer nie, maar 'n hele nuwe beeld vanuit graniet en marmer te kap. Die nuwe Kruger-monument is gister op oom Paul se 193ste verjaarsdag onthul.
Read more
  • 0

FAK verwyder brondsbeeld van oudpres. Paul Kruger om te restoureer

Vandale het die graf van oudpres. Paul Kruger in die Heldeakker, Pretoria, geteiken en groot skade is aangerig deur die borsbeeld op sy graf te vernietig. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Woensdagoggend verneem dat Kruger se graf beskadig is. Die FAK het ondersoek ingestel en bevestig die graf is op 11 Julie beskadig. Die borsbeeld was in ’n stoorkamer by die Heldeakker-begraafplaas en die FAK het die nodige toestemming bekom om dit te verwyder om dit te herstel. Die beeld is nou in veilige bewaring by die Voortrekkermonument.                             In 1995 het vandale ook Kruger se graf verniel en die oorspronklike marmerbeeld beskadig. Luidens ’n verklaring van die FAK het die groot grafblad in die proses ook seergekry – die krake lê steeds oor die Nederlandse boodskap: “Gestorven in Ballingschap te Clarens, in Switzerland.” Kruger is op 14 Julie 1904 in Clarens, Switserland, oorlede en op 16 Desember 1904 in die Heldeakker i…
Read more
  • 0