Nog ‘n vermorsing van die belastingbetaler se geld! – Miljoene in drein af want Tshwane-huise sal gesloop en herbou moet word a.g.v. swak vakmanskap en vandalisme

Die munisipaliteit van Pretoria is in die moeilikheid, maar ontken dat baie huise gesloop en herbou moet word. 'n Multimiljoenrand verlate behuisingsprojek in Ga-Rankuwa-eenheid 10 in die stad Tshwane, sal gesloop en herbou moet word teen ekstra kostes ná kontraktuele geskille met die kontrakteur wat die projek in Junie vanjaar laat vaar het. Volgens ingeligte bronne word die multi-miljoen Randse behuisingsprojek in die Ga-Rankuwa-omgewing egter reeds gesloop om weer op te bou. Volgens die LUR vir menslike nedersettings in Gauteng, Lebogang Maile, wat geantwoord het op skriftelike vrae wat in die Gautengse wetgewer voorgelê is, is 'n bedrag van R34,170,591,36 tot dusvêr bestee aan die bou van hierdie huise. "Dit is 'n vermorsing van belastingbetalersgeld en ons kan nie meer sulke misbruik verdra nie," het Kate Lorimer, die Demokratiese Alliansie (DA), Gautengse LUR vir menslike nedersettings en COGTA, gesê. Sy het gesê dat die behuisingsprojek in Mei 2011 geïnisi…
Read more
  • 0