Motorfietse brul teen Plaasaanvalle by Hartbeespoortdam

Die lug om Hartbeespoortdam gaan op 16 September 2017 gevul word met die gebrul van motorfietse teen plaasaanvalle. “Die Nasionale Motorfietsvereniging en sy assosiate gaan die dag fondse insamel om boere en plaaswerkers teen plaasaanvalle te help beskerm. Dié fondse sal tydens Agri SA se kongres in Oktober 2017 aan die Agri Securitas Trustfonds oorhandig word”, sê Ben Stander, voorsitter van die reëlingskomitee. “Ons as motorfietsentoesiaste kan nie langer terugsit en toesien dat boere en plaaswerkers wat ‘n bate vir ons land is vermoor word, sonder dat ons iets daaraan doen nie. Daarom reël ons die pretdag by die Hartbeespoortdam vakansieoord om fondse in te samel vir die Trustfonds. Ons kan ons vereenselwig met die werk wat die Trustfonds doen om die boerderygemeenskap teen plaasaanvalle te help beskerm en is oortuig daarvan dat die Trustfonds die regte voertuig is om die fondse te ontvang”, sê Piet Jooste, lid van die reëlingskomitee. Kiewiet Ferreira, waarnemende …
Read more
  • 0