Gewilde Hartland program van lug af gehaal by Pretoria FM

Luisteraars van Pretoria FM, voorheen bekend as Radio Pretoria, het penregop gesit toe hulle oor die lug verneem dat een van die gewildste programme summier van die lug verwyder is. Skynbaar is ander ewe gewilde programme se tydsduur gehalveer, want “daar moet minder gepraat word” op die radio. Ander programme soos Fokus, waar veral Solidariteit ‘n groot rol speel en waar mense soos mnre. Flip Buys, Jaco Kleynhans en ander uit die Solidariteit dampkring, onbeperkte spreektyd het, word skynbaar nie geraak nie, en volgens die direksie voorsitter, Willie Spies, in ‘n antwoord op mnr. Bennie van Zyl se Facebook inskrywing, gaan Fokus nou Hartland se plek inneem. Die “minder praat” is dus skynbaar net van toepassing op sekere sprekers. Die gewilde program Hartland is skielik deur die nuwe uitvoerende bestuurder, mnr. Hennie Koortz, nek-om gedraai, en Marianne Breytenbach, uiters bekwame en geliefde aanbieder van die indiepte nuusagtergrond program, het die aankondiging …
Read more
  • 0