Booswigte steel kerkklok van NG kerk Wespoort in Danville

’n NG kerk in die weste van Pretoria se kerkklok is soek nadat booswigte verlede week baie moeite gedoen en swaar gedra het om dit te steel. Dié klok van die NG kerk Wespoort in Danville weeg maklik meer as 100 kg. “Ek hoop die mense wat die klok gesteel het, word gevang, sodat hulle dit weer kan terugsit. Ek sal graag wil sien hoe hulle dit gaan regkry,” sê Koos du Raan, die koster. Du Raan sê daar is Maandag die eerste keer opgemerk die klok hang nie meer in sy boog aan die bo-punt van die kerktoring nie. Die klok word net op spesiale geleenthede gelui, soos op begrafnisse en middernagdienste. ’n Ouderling het Maandag die klok se ketting in die binneplaas naby die kerkgebou sien lê. “Groot was ons verbasing toe ons omdraf en sien die klok is weg,” sê Du Raan. Die diewe het vermoedelik oor die kerk se agterste muur geklouter nadat hulle die lemmetjiesdraad in die hoek platgedruk het. Du Raan wys na die leer wat teen die agterkant van die kerkgebou is, w…
Read more
  • 0