Vat my hande dat ek opstaan vir my volk – inskrupsie van ‘n indrukwekkende grafsteen in Pretoria-Wes

In die Nuwe Kerkhof in Pretoria-Wes (Rebeccastraat) staan ’n indrukwekkende grafsteen – ’n massiewe rotsblok waarop die veelseggende inskripsie aangebring is: Vat my hande dat ek opstaan vir my volk Dit is die laaste rusplek van een van Suid-Afrika se bekendste, maar ook een van die mees omstrede krygsmanne, generaal Manie Maritz. Salomon (Manie) Gerhardus Maritz is op 26 Julie 1876 in Kimberley gebore. Op 19-jarige ouderdom het hy na Johannesburg verhuis; vanweë sy vrywillige diens aan die Republiek met die Jameson-inval is aan hom die burgerregte van die Zuid-Afrikaansche Politie (ZARP) toegeken en met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog sluit hy hom as manskap by die Boksburg-kommando aan, om veral in Natal diens te doen. Maritz was ’n kort, bonkige man wat oor buitengewone liggaamskrag beskik het. Sy moed en dryfkrag het hom ’n gedugte teenstander gemaak. Hy het ’n rustelose geaardheid en ’n haastige humeur gehad wat hom baie vyande besorg het, maar sy patriotis…
Read more
  • 0