Babelisme – Die Bou van die Toring van Globalisme (Genesis 11 : 1-9)

WAAR IS DIE VOLK? Die meerderheid Afrikaans sprekendes is nie-Europeërs, en so ook is die meerderheid radio RSG luisteraars nie-Europeërs. So vra nie waar is die volk se leiers nie, maar vra eerder waar is die volk? Hulle klouter by die Toring van Babel op om naam te maak, as die reënboognasie Suid Afrika, en om “Een” te wees.     Lees ook: VIDEO: Stryd vir Globalisme en Siel van Weste Stel Christendom Gelyk aan Liberalisme. Wil Hulle die Bybel Herskryf?  
Read more
  • 0

China Toets Sinovac Entstof op SA Kinders – Offer Moontlike SinoVac Verpakkings Fasiliteit in SA as Lokaas!

Al is die Chinese CoronaVac entstof nie volledig in Suid Afrika goedgekeur of gebruik nie, word SA ingesluit met ander derde wêreld lande in die Fase III-proewe van Sinovac se entstof teen koronavirus siekte (Covid-19) by kinders en adolessente. Die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse been is onlangs gehou in Pretoria, Suid-Afrika, waar ongeveer 2,000 kinders en adolessente van ses maande tot 17 jaar ingeskryf sal wees, om die veiligheid en doeltreffendheid van die CoronaVac entstof te toets, al wys resultate van proewe sover slegs 50% effektiwiteit. Die proewe sal wêreldwyd 14,000 kinders in Chili, die Filippyne, Maleisië, Kenia en Suid Afrika toets. (more…)
Read more
  • 0

Myne Maatjies Dagsorgsentrum: Drie in hegtenis geneem by Randfontein crèche nadat kinders wreedaardig aangerand is – Ons behandel nie eens ons diere so nie

Drie mense is Donderdag in hegtenis geneem nadat video's van kleuters in 'n crèche aan die Wes-Rand aan die lig gekom het wat wys hoe hul geslaan word waaronder minstens een kind met 'n besem geslaan is. Ouers is woedend nadat hulle gesien het wat na bewering met hul kinders in die Myne Maatjies-dagsorgsentrum gebeur het. Polisiewoordvoerder Col Lungelo Dlamini het Donderdagaand aan TimesLIVE bevestig dat drie mense in hegtenis geneem is op aantygings van aanranding. Dit was nadat verskeie verklarings van ouers en getuies afgelê is, het Dlamini gesê. Hy het gesê dat ondersoeke na die beweerde mishandeling by die Myne Maatjies-dagsorgsentrum Donderdag begin is. 'Daar is ook op 'n hardeskyf vir verdere ondersoek beslag gelê. Meer inligting sal verskaf word namate die ondersoek ontwikkel,' het hy gesê. TimesLIVE het ook bevestig dat die departement van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng ondersoek instel. Befoeterde ouers van kleuters in die kleuterskool in Randfontein het…
Read more
  • 0

Skoolhoof van Pretoria maak verskil in lewens van skoolkinders

“Elke oggend kan ek nie wag om by die skool te kom nie en te kan weet ek het die lekkerste broodjies by die skool en dan 1ste pouse kry ek ook nog ’n lekker bord kos. Dit gaan nie altyd so lekker by die huis nie. Maar ek weet ek word darm (sic) versorg elke dag en nag.” Een van die kinders van die Laerskool Genl. Nicolaas Smit in Pretoria wat geduldig in ’n ry staan en wag vir ’n bord kos – wat waarskynlik haar enigste vir die dag sal wees – het dié briefie geskryf. Sy is een van 360 kinders wat by die skool eet, want haar ouers het geen inkomste nie. “Tannie, tannie, dit voel of ek by ’n restaurant eet,” kom spog ’n klein graad 4-meisietjie oor haar bord kerrie-en-rys. Sy maak haarself sit net neffens my en begin met groot genoegdoening eet. Van die ander kinders storm baldadig op die Taalgenoot-fotograaf af. “Neem my af, oom. Neem my af!” Dit lyk nie of die feit dat daar nie kos by die huis is nie, hulle vreugde demp nie. ’n Skeppie kerrie-en-rys stil die honge…
Read more
  • 0

Wees nugter en waaksaam met wat jy op die kuberruim oor jou kinders deel

Hopenlik hou ouers dikwels hul kinders se gebruik van die sosiale media fyn dop, maar hulle moet ook kyk na hul eie plasings, waarsku navorsers in ʼn nuwe opname. Deesdae word daar feitlik van ouers verwag om gereeld foto’s van hul kinders aanlyn te plaas om vriende en familie op die hoogte te hou van wat hulle doen, maar dit kan negatiewe ─ en selfs angswekkende ─ gevolge hê, volgens die navorsers. “Dis alles baie nuut. Ons ouers het nie hiermee te doen gehad nie,” sê dr. Bahareh Keith, ʼn pediatriese assistent by die Universiteit van Florida se College of Medicine in Gainesville. Voor die koms van sosiale media kon ouers hul kinders in die verleentheid stel deur ou fotoalbums te wys. Nou los die dinge wat ouers aanlyn openbaar ─ sommige goed, sommige nie so goed nie ─ ʼn blywende “digitale voetspoor”, verduidelik Keith. Hierdie digitale voetspore is besig om die norm te word: studies het getoon dat 92 persent van 2-jarige kinders in die Verenigde State ʼn aanlynteenwo…
Read more
  • 0