Klasse by Hoёrskool Pretoria-Wes ontwrig oor kleefbroeke

Beamptes van die Gautengse departement van onderwys is Maandag na Hoёrskool Pretoria-Wes ontplooi nadat leerders Vrydag klasse geboikot het omdat hulle eerder noupassende broeke as gewone wyepyp-broeke as deel van hul skooluniform wil dra. Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê die herrie rondom die skooluniform het begin nadat twee “oproerige leerders” ná ʼn dissiplinêre verhoor vir sewe dae geskors is omdat hulle die skool se kleredragkode oortree het. Die twee leerders was Donderdag weer terug by die skool waar hulle ander leerders by die skool oortuig het om klasse te ontwrig in ʼn poging om die skool te dwing om hulle toe te laat om spanbroeke, ook bekend as kleefbroeke of sogenaamde skinny pants, te dra. Die twee leerders het ook ʼn WhatsApp-groep gestig om sodoende ondersteuning vir die saak te werf. Lede van die leerderraad was aanvanklik nie deel van die WhatsApp-groep nie, maar is ná die departementele beamptes se beso…
Read more
  • 0