Myne Maatjies Dagsorgsentrum: Drie in hegtenis geneem by Randfontein crèche nadat kinders wreedaardig aangerand is – Ons behandel nie eens ons diere so nie

Drie mense is Donderdag in hegtenis geneem nadat video's van kleuters in 'n crèche aan die Wes-Rand aan die lig gekom het wat wys hoe hul geslaan word waaronder minstens een kind met 'n besem geslaan is. Ouers is woedend nadat hulle gesien het wat na bewering met hul kinders in die Myne Maatjies-dagsorgsentrum gebeur het. Polisiewoordvoerder Col Lungelo Dlamini het Donderdagaand aan TimesLIVE bevestig dat drie mense in hegtenis geneem is op aantygings van aanranding. Dit was nadat verskeie verklarings van ouers en getuies afgelê is, het Dlamini gesê. Hy het gesê dat ondersoeke na die beweerde mishandeling by die Myne Maatjies-dagsorgsentrum Donderdag begin is. 'Daar is ook op 'n hardeskyf vir verdere ondersoek beslag gelê. Meer inligting sal verskaf word namate die ondersoek ontwikkel,' het hy gesê. TimesLIVE het ook bevestig dat die departement van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng ondersoek instel. Befoeterde ouers van kleuters in die kleuterskool in Randfontein het…
Read more
  • 0