Kopiereg-werkswinkel in Pretoria: 24 Februarie 2018

Onthou die datum: Saterdag 24 Februarie 2018! Dit is die dag waarop ’n belangrike kopiereg-werkswinkel in Pretoria gehou sal word vir outeurs, kunstenaars, musikante, filmvervaardigers en die bedrywe wat in hul werk belê. Die parlement hersien tans Suid-Afrika se kopieregwetgewing. Die Kopieregalliansie, ’n groepering van rolspelers in die skeppende bedrywe, is in reaksie op die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg gestig en is tans besig om openbare bewustheid oor relevante onderwerpe te skep. ’n Spesifieke fokus is die wyse waarop die wetsontwerp skrywers, kunstenaars, musikante, filmvervaardigers en die bedrywe wat in hul werk belê, sal beïnvloed. Die parlementêre portefeuljekomitee beplan om in Maart beraadslaging oor die wetsontwerp te hervat. Die Kopieregalliansie reël ’n geleentheid op 24 Februarie 2018 in afwagting van hierdie vergaderings. Die geleentheid sal vanaf 14:00 tot ongeveer 18:00 by die Universiteit van Pretoria se Musaionteater plaasvind. Die program …
Read more
  • 0