Afrikaanse koshuis name by Tukkies moet nou ook tranformeer

Die Universiteit van Pretoria is besig om sy koshuisname, wat merendeels Afrikaans is, te verander omdat dit in die pad staan van transformasie en inklusiwiteit. Huis Olienhout, Huis Madelief, Huis Boekenhout?. Dit is van die koshuise aan die Universiteit van Pretoria wat voor volgende jaar hul naam moet verander. Volgens die universiteit se kommunikasie aan studente moet alle koshuisname teen volgende jaar verander na name wat nie “deur een taal of ’n ander oorheers word nie”. “Die doel is om studente te laat tuis voel in die koshuisomgewing en om struikelblokke wat in die weg staan van studente se aanvaarding van en waardering vir mekaar uit die weg te ruim,” sê Rikus Delport, UP-woordvoerder. Hy sê die idee is nie om van alle Afrikaanse koshuisname ontslae te raak nie, maar om meertaligheid en diversiteit van kultuur te bevorder. Koshuise aan die universiteit het tradisioneel Afrikaanse boom- of blomname gekry soos Jasmyn, Madelief, Mopanie en Boekenhout. Kosh…
Read more
  • 0