Skoolhoof van Pretoria maak verskil in lewens van skoolkinders

“Elke oggend kan ek nie wag om by die skool te kom nie en te kan weet ek het die lekkerste broodjies by die skool en dan 1ste pouse kry ek ook nog ’n lekker bord kos. Dit gaan nie altyd so lekker by die huis nie. Maar ek weet ek word darm (sic) versorg elke dag en nag.” Een van die kinders van die Laerskool Genl. Nicolaas Smit in Pretoria wat geduldig in ’n ry staan en wag vir ’n bord kos – wat waarskynlik haar enigste vir die dag sal wees – het dié briefie geskryf. Sy is een van 360 kinders wat by die skool eet, want haar ouers het geen inkomste nie. “Tannie, tannie, dit voel of ek by ’n restaurant eet,” kom spog ’n klein graad 4-meisietjie oor haar bord kerrie-en-rys. Sy maak haarself sit net neffens my en begin met groot genoegdoening eet. Van die ander kinders storm baldadig op die Taalgenoot-fotograaf af. “Neem my af, oom. Neem my af!” Dit lyk nie of die feit dat daar nie kos by die huis is nie, hulle vreugde demp nie. ’n Skeppie kerrie-en-rys stil die honge…
Read more
  • 0