Polisie se misdaad rekord styg – Twee Metropolisie lede van Pretoria op heterdaad betrap met ’n gesteelde voertuig in hul besit

Twee lede van die Pretoriase Metro Polisie is in hegtenis geneem nadat ‘n gesteelde voertuig in hul besit gevind is. Die voertuig wat in Eldoraigne gesteel is, is opgemerk by ‘n woning in Philip Nel Park. Die eienaar van die huis, ‘n vroulike lid van die Metropolisie is gearresteer en na verdere ondersoek is nog twee verdagtes aangekeer. Die een is getroud met die vroulike konstabel en word tans opgelei deur die Metro Polisie. Dit blyk dat die polisie se misdaad rekord aan die styg is as gelet word op die groot aantal voorvalle waarby beamptes betrokke was in die afgelope maande. Deur: Die Vryburger Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.
Read more
  • 0