Voortrekkers gevra om te loop tydens raadsvergadering in Pretoria

“Mag Afrikanerjeug dan nie deelneem aan demokrasie nie,” vra dr. Danie Langner, leier van die Voortrekkers, nadat ’n groep Voortrekkers gevra is om ’n raadsvergadering in Pretoria te verlaat. “Ons het onskuldig met goeie bedoelings na die raadsvergadering gegaan . . . Hoekom mag hulle nie blootstelling kry nie? Ons wil ons jeug juis aan demokratiese prosesse blootstel sodat hulle kan sien hoe ’n demokrasie, ’n stadsraad en ’n parlement werk,” sê Langner. Volgens hom is dit “baie jammer” dat die groep van 14 Voortrekkers wat almal in gr. 10 is, Donderdag gevra is om ’n Tshwane-metroraadsvergadering te verlaat. “Ons is regtig teleurgesteld in die politieke partye in dié raad se reaksie. Wat is die boodskap wat hulle wou oordra? Dis ’n afbreek van sosiale kohesie en dui eintlik ook op ’n disfunksionele stadsraad.” Die Voortrekkers het die speaker, Katlego Mathebe, vooraf skriftelik toestemming gevra om die vergadering te mag bywoon. Mathebe het die versoek toegestaa…
Read more
  • 0