‘Sekuriteitsbreuk’ by Mededingingskommissie in Pretoria

Die Mededingingskommissie het Saterdag gesê daar was ʼn “sekuriteitsbreuk” by sy kantoor in Pretoria vroeër die week. Sipho Ngwema, woordvoerder van die kommissie, het gesê twee skootrekenaars is Dinsdag by die afdeling gesteel wat verantwoordelik is vir ondersoeke na kartelgedrag. “Die voorval is by die polisie aangemeld en die saak is deur die Valke oorgeneem vir verdere ondersoek,” het Ngwema gesê. Hy het gesê die kommissie het die nodige voorsorgmaatreëls getref om veiligheid en sekuriteit op te skerp.
Read more
  • 0