Gauteng SAPD kon nie Onlangse ANC Onluste Ordentlik Bekamp nie Omdat Helfte van hul Blitspatrollie Voertuie nie Werk nie!

Meer as helfte van die 231 blitspatrollie voertuie in Gauteng staan stukkend ​​by polisiemotorhuise en privaat werkswinkels regoor die provinsie, sonder dat daar duidelikheid is oor wanneer hulle weer op pad sal wees. In totaal is 124 van die 231 blitspatrollie voertuie in die provinsie van die pad af volgens die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, meeste van hulle vir langer as 3 maande. (more…)
Read more
  • 0

Het Metropolisielede in Pretoria “Rogue” Gegaan? Ses Gevalle Waar Mense Gestop, Afgepers, Intimideer en Besteel Word!

Die metropolisie in Pretoria het na bewering die afgelope week ‘n man intimideer en afgepers en sy drank gesteel, nadat hulle hom valslik van dronkbestuur beskuldig het. Die slagoffer het gevra dat sy naam weerhou word omdat hy vrees vir viktimisering. Hy het ‘n klag van diefstal by die Brooklyn-polisiekantoor ingedien, maar daar is glo vele ander sulke gevalle in Pretoria! (more…)
Read more
  • 0

Polisie se misdaad rekord styg – Twee Metropolisie lede van Pretoria op heterdaad betrap met ’n gesteelde voertuig in hul besit

Twee lede van die Pretoriase Metro Polisie is in hegtenis geneem nadat ‘n gesteelde voertuig in hul besit gevind is. Die voertuig wat in Eldoraigne gesteel is, is opgemerk by ‘n woning in Philip Nel Park. Die eienaar van die huis, ‘n vroulike lid van die Metropolisie is gearresteer en na verdere ondersoek is nog twee verdagtes aangekeer. Die een is getroud met die vroulike konstabel en word tans opgelei deur die Metro Polisie. Dit blyk dat die polisie se misdaad rekord aan die styg is as gelet word op die groot aantal voorvalle waarby beamptes betrokke was in die afgelope maande. Deur: Die Vryburger Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.
Read more
  • 0