Valke teiken verkeerde huis en skiet Pretoria man dood

Polisielede wat 'n bende transitorowers gejag het, het 'n Pretoriase huiseienaar doodgeskiet toe hulle glo op die verkeerde huis toegeslaan het, het TimesLive berig. Nóg mense, glo 'n polisieman wat wou help en drawwers, is na bewering gewond in die insident in Kilnerpark, volgens die berig in TimesLive. Alet van der Walt het vroeër berig die Valke het Donderdagaand saam met lede van die polisie se taakspan en misdaadintelligensie drie vermeende transitorowers in hegtenis geneem. Kapt. Ndivhuwo Mulamu, die Valke se woordvoerder, sê die drie is in hierdie stadium hul hoofverdagtes in verband met die onlangse vlaag van transitorooftogte. Die ondersoek is nog aan die gang, so hulle sal eers Vrydagoggend – wanneer hulle die verdagtes se identiteitsnommers bevestig het – kan sê of hulle aan enige ander misdade verbind word. Daar was die afgelope week vyf transitorooftogte in Gauteng, terwyl rowers ook Donderdagmiddag laat ’n geldwa buite Barberton in Mpumalanga beroof he…
Read more
  • 0