Chaos heers in Pretoria se middestad na talle busdrywers staak en paaie versper vir 18% salaris verhoging

Verkeer in die Pretoria se middestad is Maandagoggend tot stilstand geruk na talle busdrywers van die Tshwane-busdiens besluit het om te staak. Betogende busbestuurders van die Tshwane-munisipale busdienste het busse gebruik om hoofroetes te blokkeer om verkeersvloei te belemmer. Sheila-Lynn Senkubuge, burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer in Tshwane sê dat Samwu-lede om beter lone betoog, maar ’n stappie te vêr gegaan deur busse sonder toestemming van die stad te neem om die sakekern te blokkeer en honderde motoriste te verontrief en moet nou deur die metro weggesleep word. Sy vra onverskoning vir die ontrief en gaan vêrder deur te sê dat die stad alles in hul vermoë doen om die busse te verwyder sodat verkeersvloei vir die res van die dag kan normaliseer. Senkubuge sê ook dat hul die opsie oorweeg om die busbestuurders wat die busse wederregtelik uit die depot geneem het, van diefstal aan te kla. Netwerk 24 berig dat Mpho Tladinyane, streeksekretaris van Samwu in…
Read more
  • 0