Nouer samewerking tussen die NG Kerk en Hervormde Kerk

Moderamen van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) en die Moderatuur van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (NGK) het tydens ʼn gesamentlike vergadering wat buite Pretoria gehou is, hul voorneme bekend gemaak om verder nou met mekaar saam te werk. In die lig van die bestaande bilaterale ooreenkoms tussen die NHKA en die NGK onderneem die Moderature van die twee kerke om veral met betrekking tot die volgende gemeenskaplike sake samewerking tussen gemeentes én sinodale strukture te bevorder, aldus dr. Wouter van Wyk, sekretaris van kommunikasie van die NH Kerk. • Albei kerke ag dit van groot belang om missionaal kerk te wees, en moedig gemeentes aan om in hierdie verband plaaslik al nouer met mekaar saam te werk. • Teologiese opleiding is vir die kerk van kardinale belang, en daarom wil die Moderature verseker dat voornemende predikante van die twee kerke steeds die beste moontlike teologiese opleiding ontvang. Daar moet o…
Read more
  • 0