Man kritiek nadat oond in bakkery ontplof

Werkers van ’n bakkery in Pretoria-Wes is Dinsdagmiddag getraumatiseer nadat ’n ontploffing vroeër die dag ’n brand daar veroorsaak het. ’n Nywerheidsoond het omstreeks 11:45 by die Transvaal Industrial Foods-bakkery op die hoek van Charlotte Maxeke- en Elsonstraat ontplof. “Die ontploffing was kwaai en het ’n groot skudding veroorsaak, maar die brand is vinnig onder beheer gebring,” het Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, gesê. James Mohlala het naby die enorme oond gestaan toe dit ontplof. “Hy werk gewoonlik met die oond. Hy het baie erg seergekry,” sê sy kollega, Sarah Monyai. Mohlala het ernstige brandwonde oor sy hele lyf opgedoen en is in ’n kritieke toestand deur die Halo-helikopterdiens na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem. Hy word in die gespesialiseerde brandeenheid behandel. “Die pasiënt het brandwonde oor sy hele liggaam, op sy arms, sy bors, sy bene. Hy ly ook aan rookinaseming,” sê Xander Loubser, woordvoerder van…
Read more
  • 0