Jong Pretoria verliefdes sterf saam in motorfiets ongeluk

Twee mense is dood en twee kritiek beseer toe ʼn motorfiets en ʼn Opel Kadett Saterdag in die vroeë oggendure in Pretoria gebots het. Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het Saterdag aan Maroela Media gesê die botsing het in Mootstraat in Daspoort in die weste van die stad plaasgevind. “Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek. Twee mense wat op die motorfiets was, is op die toneel dood,” het Loubser gesê. Loubser kon nie dadelik hul ouderdomme bevestig nie, maar het wel gesê dat hulle ʼn jong man en vrou was. Loubser het gesê twee insittendes in die Opel het kritieke beserings opgedoen en hulle was in die voertuig vasgekeer. Hulle is na die Steve Biko-hospitaal geneem nadat hulle uit die motor se wrak gesny is. “ʼn Vrou, vermoedelik die bestuurder van die motor se ma is, het op die toneel inmekaargesak. Sy is ook na die hospitaal geneem aangesien sy beseer is toe sy geval het.” Loubser het die brandweer en an…
Read more
  • 0