Studente van die Tshwane Universiteit van Tegnologie bring Pretoria tot stilstand tydens protestoptogte

Studente van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het weereens die strate ingevaar en verkeer in die sentrale gedeeltes van Pretoria ontwrig. Klasse is ontwrig en studente eis die kop van die polisieman wat Andries Monareng glo doodgeskiet het. Die studente het gedreig dat hul die hele Pretoria tot stilstand sal bring. Winkels is gesluit en berigte van stropery by wegneem eetplekke is aangemeld. Die polisie ontken intussen steeds dat hulle verantwoordelik was vir die dood van Monareng. Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0