Oorstromings in Centurion veroorsaak chaos

Aanhoudende reën in Sentraal Transvaal het ook gesorg vir ontwrigting van verkeer maar in Centurion het geboue, paaie en laagwater brûe gevaarlik geword. Groot dele is oorstroom, en menige voertuie is deur die vloedwater meegesleur, maar tot hede is dit nie bekend of enige mense in die vloedwater omgekom het nie. Op sommige plekke is reeds meer as 280 mm reën gemeet vir die afgelope week, en die weerkundiges voorspel vir Dinsdag nog meer reën. Chaos het op paaie en sommige strate ontstaan, en beurtkrag het ook gesorg dat lang toue voertuie by robotte staan wat nie werk nie. Intussen het Die Vryburger verneem dat dele in die Noord-Kaap wat nou reeds vir vier jaar geen reën gehad het nie, dat hulle “verby die stadium is waar droogtehulp sal help”, het een van die boere gesê.
Read more
  • 0