Inwoners in die Ooste van Pretoria is sedert Dinsdag sonder krag

Duisende inwoners in die Ooste van Pretoria is sedert Dinsdag in die duister weens ‘n ontploffing by ‘n substasie by Wapadrand. Die oorsaak van die ontploffing kon nog nie bepaal word nie maar dit blyk dat te veel transformators in die substasie gekoppel is wat die ontploffing kon veroorsaak het. Volgens beraming gaan die herstelwerk miljoene kos en is dit slegs tydelik, aldus Selby Bokaba van die groter Pretoria stadsraad. Intussen het die eerste krag wel in sekere gebiede aangekom vroeg vanoggend. Die vermoede is dat ‘n kombinasie van swak instandhouding en oorlading die oorsaak van die probleem was. Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0