Enorme Mars Teen “Inentings Paspoorte” in Amsterdam Trek 100,000 Protesteerders van Regoor Politieke Spektrum!

Mense van regoor die politieke spektrum het Sondag in die strate van Amsterdam gepak om te protesteer teen die voorgestelde entstofpaspoorte van die Nederlandse regering. Die betoging was so groot dat paaie in die middestad vir myle blokkeer was, maar al die hoofstroom media in Nederland het die protes probeer ignoreer of verkleineer. Sommiges het beweer dat dit net 10,000 ver-regse ekstremiste was, maar dié leuen was gou ontbloot deur die teenwoordigheid van jong dansmusiek-aanhangers, Hare Krishnas, godsdienstige organisasies, pensioenarisse, anargiste, fietsryers, voormalige polisiebeamptes en soldate. (more…)
Read more
  • 0

Strate van Pretoria vandag gesluit weens beplande optog

’n Beroep is gedoen op motoriste deur die Tswane-metropolisie om kennis te neem van ’n beplande optog vandag wat verkeer in die Pretoria gebied erg kan ontwrig. Woordvoerder van die metropolisie, Snr.supt. Isaac Mahamba het tydens ’n verklaring gesê dat die protestors onder die vaandel van die regering se kommunikasiediens (GCIS) se #100MenMarch, gaan begin saamkom vanaf 08:00 by ʼn oop gedeelte in Schubartpark, naby Kerkplein,. Die betogers beoog om 10:00 vanaf die hoek van Kgosi Mampuru- en Madibastraat, in Madibastraat reguit te beweeg tot by die Uniegebou. Al die kruisings in Madibastraat tot by die Uniegebou sal tydelik deur die optog geraak word. Volgens Mahambe behoort die betogers omstreeks 14:00 by die Uniegebou uiteen te gaan. “Metropolisiebeamptes sal ontplooi word om die betoging en strate wat geraak word te monitor. Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak,” het Mahamba gesê. GCIS se #100MenMarch word gehou om teen geweld te…
Read more
  • 0

Transnet-pensioenarisse gaan betoog

Transnet-pensioenarisse gaan ‘n optog hou teen die ministers van finansies en openbare ondernemings. Die pensioenarisse eis onmiddellike verligting vir hul haglike finansiële situasie wat veroorsaak word deur die skrale Transnet-pensioen wat hulle maandeliks ontvang. Die betoging gaan more, 11 Oktober, om 09:30 op Kerkplein in Pretoria begin. Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0