Jes die brawe boerboel hou skurk  in swembad aan

’n Voornemede dief het sy rieme lelik styfgeloop toe hy Sondagoggend by Hartbeespoort deur  ’n boerboel tot in die swembad ingejaag  en daar aangehou is. Huiseienaar Jody Gabrielson was besig om televisie te kyk in sy huis in Ou Wapad in Ifafi toe die skelm omstreek 01:00 oor sy muur gespring het. “Hy het Jes, ons boerboel, wakker gemaak en ek het haar hoor blaf. Toe ons by die venster uitkyk, sien ons hoe hy oor die muur klim, maar toe hy grond vat, toe is Jes by hom,” het Gabrielson gesê. Die man het probeer wegkom van Jes en sy het hom die swembad ingejaag. “Toe ek buite kom, sit sy op die rand van die swembad en knor vir die oortreder as hy beweeg. Toe ek haar roep toe spring hy uit die swembad en hardloop na ‘n muur tussen my en die bure.  Wat hy nie geweet het nie, was dat daar ‘n paar pitbulls aan die anderkant gewag het.  Hy het vinnig van plan verander en na my teruggedraai en met ‘n byl op my afgestorm.” ‘n Struweling het ontstaan en Gabrielson se vrou het…
Read more
  • 0