WEES WAKKER, WEES PARAAT, WEES REG: DIE KORT EN DIE LANK VAN PLAASVEILIGHEID

Plaasveiligheid is jou eie verantwoordelikheid en geen beskermingsmaatreëls is ‘n waarborg dat jy nie ‘n slagoffer van ‘n ernstige geweldsmisdaad sal word nie. Maak seker dat jy ‘n plan het van wat om te doen as daar ‘n insident op jou plaas sou wees, ‘n onwettige grondbesetting of betreding sou plaasvind of as daar dalk enige ander wetsoortreding op jou plaas sou wees – soos byvoorbeeld die jag van wild met honde. Beskermingsmaatreëls gaan jou nie vrywaar van ‘n insident nie, maar gaan die booswigte vertraag en jou waarsku om jouself voor te berei op dit wat kan volg. Wees ten alle tye waaksaam en paraat. As daar iets is wat nie reg lyk nie of uit plek is, dan is daar gewoonlik fout. Wees op die uitkyk. Besin oor hoe jy gaan optree indien jy ‘n slagoffer van ‘n ernstige geweldsmisdaad sou word. Gaan jy vries, weghardloop of terugslaan? Oefen om kalm te bly, die situasie reg te lees en die regte optrede dienooreenkomstig te neem. Wees kreatief om die booswigte uit te oorlê…
Read more
  • 0