Die myn wat die wêreld se grootste diamant gelewer het, het nou weer ’n groot blinke uitgehaal – Nog ’n knewel van ’n diamant gevind by Cullinan

Cullinan, die klein dorpie oos van Pretoria is gewoonlik net in die nuus as daar nog ’n knewel van ’n diamant gevind is soos wat nou weer die geval is. Die myn, wat die wêreld se grootste diamant gelewer het, het nou weer ’n groot blinke gelewer – bykans ’n eeu nadat die opspraakwekkende diamant gevind is wat tans in besit van die koninklike forste huis van Brittanje is. Die Petra myn se jongste fonds het sy aandele op die beurs laat spring met 7% tot die vreugde van sy eienaars in ’n tyd wat die diamantbedryf maar ’n minder goeie tyd deurmaak. Volgens die Petra Diamonds se webtuiste is die diamant ’n tipe D kleur en 425.19 karaat, wat een van die groter diamante is wat die wêreld tot dusvêr opgelewer het. Die wêreld se grootste diamant is ook uit Cullinan afkomstig, en met 1,055.89 karaat, is die pragstuk die eiendom van die Koninklike Huis van Koningin Elizabeth in Engeland. Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0