12-jarige sterf by gewilde vakansieoord oos van Pretoria

ʼn Rotspoel by ʼn gewilde vakansieoord oos van Pretoria het Maandag die lewe van nog ʼn besoeker geëis. Die polisie het bevestig ʼn 12-jarige meisie is by die Nkwe-oord naby Tierpoort dood toe sy glo in ʼn rotspoel naby ʼn piekniekarea in die oord ingegaan het om haar kleiner sussie te red wat in die moeilikheid beland het. Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie het toe ook in die water in die moeilikheid geraak. “’n Lid van die publiek het ingespring om te help, maar net die een kind kon opgespoor en gered word,” het Makhubele gesê. Volgens inligting op sosiale media het omstanders solank as ʼn uur gesoek vir die meisie se liggaam sonder professionele hulp. “Daardie wonderlike mans wat gehelp het (waarvan drie van hulle my kêrel en sy twee vriende was) is huis toe met uitputting, skraapmerke, hartseer, skuldgevoel, woede, frustrasie en teleurstelling. ʼn Kennisgewing alleen is nie genoeg veiligheidsmaatreëls om so ʼn verlies te voorkom nie,” …
Read more
  • 0