10-jarige Seun van Pretoria al ’n week lank opsoek

Die 10-jarige seun Johannes Venter van Pretoria-Noord word reeds sedert Dinsdag 30 Oktober 2018 vermis. Woordvoerder van die organisasie Pink Ladies, Dessie Rechner, sê dat Johannes Phillip Venter se ouma hom skool toe geneem het op die betrokke dag wat hy verdwyn het. Hy is ’n leerder van die Laerskool Voortrekker Eeufees in Presidentsraat, maar het geen van sy klasse daardie dag bygewoon nie. Volgens Rechner het die seun se pa hom na bewering by die skool kom haal, waarna hulle saam in Shoprite in Pretoria-Noord gesien is. Venter het ’n groen skoolsak met ’n wapen daarop by hom gehad. Die seun se ma is oorlede en het by sy ouma gewoon. Volgens Rechner word die saak ook deur die polisie ondersoek. Die organisasie Pink Ladies, ʼn organisasie wat dit daarop toespits om vermiste mense op te spoor. Enigeen met inligting oor waar Venter hom bevind, kan die polisie van Pretoria-Noord by 082 319 9798 of Pink Ladies by 072-214-7439, 083-378-4882 of 086-001-0111 bel. …
Read more
  • 0