Grondhervorming – ‘n Trog vir Aasvoëls, Hyenas en Selfsugtige ANC Kaders! Grondeiser Weier om Miljoene in Verdagte Transaksies te Verduidelik

Dit is nou al welbekend dat die ANC se Grondhervorming in Suid-Afrika 'n totale mislukking is, maar solank as wat grond en geld geoffer word, sal die aasvoëls, hyenas en ANC kaders kom vreet. Een sulke vieslike en siniese geval is uitgebeeld toe die Grondeisehof (Randburg) beveel het dat die boeke van die Moletele Community Property Association (MCPA), deur die Ouditeur-Generaal, en die direkteur-generaal van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming ondersoek moet word, nie dat dit ooit gaan gebeur nie. MCPA, wat beweer dat die Moletale volk 'n aparte etniese groep is, het onder ander 27 eiendomme in Hoedspruit, met twee werkende plase suksesvol ge-eies. (more…)
Read more
  • 0

Boerenooiens staan dapper hul man deur aanvallers op ’n afstand te hou

Hannelie Jacobs (59), haar dogter Suretha (29) en haar 81-jarige ma, Grietjie van Vuuren, het dapper hul man gestaan en daarin geslaag om die aanvallers op ‘n afstand te hou tot hulp opgedaag het. Die drie vroue en vier kinders, waaronder ‘n ses-dae-oue baba, was alleen op die plaas in Krokodildrift-Wes toe drie aanvallers kort na 22:00 die vensters van die huis met klippe uitgegooi en die deure en veiligheidsdeure afgebreek het. “Ek was in die kamer saam met een van die kinders toe die venster agter my in skerwe spat. Ek het gesê hy moet na sy ma toe hardloop. Daar was drie mans en die volgende oomblik het vensters oral in die huis gebreek en hulle het groot klippe na ons gegooi,” het Hannelie aan Kormorant vertel. “Die rowers het die deur en veiligheidsdeur met ‘n pik oopgekap en in die huis ingekom. Hulle het die pik na Suretha en my ma gegooi. My dogter het gesê ek moet die kinders in die badkamer gaan toesluit. Ek het die kinders gegryp en gehardloop. Suretha het …
Read more
  • 0