Trop 20 Onwettige Besetters Slaan Boer (60) vir 2 Ure en Dreig met “Necklacing” – Maar Polisie Ondersoek Boer!

'n Grondeienaar van Middelburg, Mpumalanga, mnr Danie Heyns (60), was op Sondagaand 24 Oktober, 2021 amper vermoor deur 'n trop onwettige grondbesetters, gelei deur 'n swart man wat in die dorp bly. Die boer is vir 2 uur lank geslaan en gemartel deur die hoof aanhitser en sy gepeupelbende van omtrent 20 sterk. Hoe dapper is hulle as hulle ;n 60 jarige kan slaan en martel terwyl daar omtrent 20 van hulle is. Mnr Heyns het aan die gemeenskapskoerant Middelburg Observer vertel dat hy diep bevrees was om sy lewe te verloor tydens die 2 uur lange marteling . En dit op sy eie grond wat by betaal en hard voor gewerk het. Hy besit die plasie op die Groblersdal pad (N11), Middelburg al vir 20 jaar. Hy woon in Gauteng maar is wel naweke op die plaas. Mnr. Heyns moes ’n paar jaar gelede ’n hofbevel bekom, toe daar skielik ’n sinkhuis op sy plaas gebou word deur ’n plaaslike swart man, wat ’n grondeis ingedien het. Die onwettige sinkhuis is deur die balju afgebreek en die hof het bev…
Read more
  • 0

Plaasaanval: Egpaar Wreed Aangerand en Gemartel deur Bose Plaasaanvallers in Vier Uur Lange Nagmerrie in Noordwes!

'n Wrede plaasaanval is die nag van 8 September 2021, om 20:00, in Kortfontein tussen Koster en Derby in die Noordwes provinsie uitgevoer. Chris Barnard en sy vrou Hesta is in hul huis deur drie aanvallers oorval en vir vier ure gemartel. Chris is erg aangerand en ook geslaan met 'n wielsleutel en 'n sweep. Sy vrou Hesta is met 'n warm strykyster verbrand en ook erg aangerand. Die drie aanvallers het ook van haar hare met 'n mes afgesny. Die bose plaasaanvallers het die huis gedurende die vieruur stryd geplunder terwyl hulle die egpaar voortdurend wreed gemartel het. Die aanvallers het uiteindelik omstreeks middernag van die toneel gevlug met die egpaar se bakkie, elektriese toerusting en ander huishoudelike items. Hesta het hulp ontbied en die plaaswag en ander rolspelers het gereageer. Beide Chris en Hesta is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem en die polisie ondersoek, maar daar is geen arrestasies dusver nie.   Luister en Lees ook: Ses Gewap…
Read more
  • 0

Boer Twee Keer in die Rug Geskiet in Tweede Plaasaanval naby Brits!

‘n Boer van die plaas Xaxaba, Beestekraal, aangrensend aan Dikhololo naby Brits, in die Noordwes-provinsie, is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat hy op Woensdagaand 5 Mei, 2021 twee keer in ‘n plaasaanval in die rug geskiet is. Dit was die tweede keer hierdie jaar dat hy aangeval is. (more…)
Read more
  • 0

Bejaardes lê ure vasgebind na plaasaanvallers inreek by hul plaashuis naby Pretoria

’n Egpaar van in hul 80’s moes heelaand vasgebind lê terwyl rowers hul plaashuis geplunder het. James (84) en Lenie Leask (87) van Boekenhoutskloofdrift, tussen Pretoria en Cullinan, kon eers Maandagoggend om 07:00 hulp ontbied toe hul werkers ingekom het. André van Heerden van die Cullinan-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sê die egpaar is nie seker presies wanneer die aanvallers Sondagaand die huis ingekom het nie, maar hulle het wakker geword toe ’n flitslig in hul oë geskyn word. Dit is onbekend of die rowers gewapen was, maar daar was vermoedelik drie van hulle. Hulle het die diefwering voor een van die vensters afgeknip, waarna hulle die slapende Leasks in hul slaapkamer verras het. “Die slagoffers is met elektriese koorde vasgebind en die kamerdeur is van buite af gesluit. Daarna het die rowers deur die hele huis, byna elke laai en kas, gegrawe. “Hulle het van die drank in die huis gedrink en elektroniese toerusting, soos selfone, ’n televisie en skoot…
Read more
  • 0

Plaasaanval: Terroriste skiet man voor sy dogter, verloofde

'n Man is Woensdag in die vroeë oggendure ten aanskoue van sy sesjarige dogter en sy verloofde geskiet toe inbrekers toegang tot hul huis op ’n plaas in Leeuwfontein naby Roodeplaat in Pretoria wou verkry. Jonty Jacobs (28) is verskeie kere raakgeskiet toe hy op die aanvallers geskree het. Hy is in ’n kritieke toestand na die Steve Biko- akademiese hospitaal geneem. “Hy het tussen 02:00 en 03:00 wakker geword toe iemand die houtraam van die venster probeer oopbreek het,” sê Ian Cameron, die burgerregte-organisasie AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid. “Hy is meer as een keer getref, vermoedelik ook in die ruggraat. “Hulle het ’n week of twee gelede verloof geraak,” sê hy. Sers. Portia Maleka, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Woensdag omstreeks 03:00 gereageer op die voorval. Sy sê ’n aantal aanvallers het toegang tot die huis verkry deur ’n venster voor in die huis. “Toe hulle binne die huis was, het hulle vir Jacobs binne die huis gevind. …
Read more
  • 0