Ses Gewapende Plaasaanvallers Dwing Werkers om Boer en Vrou uit Huis te Lok, om op Hulle te Skiet!

Ses gewapende plaasaanvallers het ‘n boer se werkers gebruik om hom en sy vrou uit die huis te lok in die vroeë oggendure in Noordwes. Die ses gewapende aanvallers het die werkers oorval, aangerand en vasgebind. Een van die werkers was forseer om die boer te bel, en ‘n lokval op te stel met die storie dat een van hulle siek is en dadelik hulp nodig het. Op hierdie manier is Gert en Elna Botha, uit hul huis gelok. Nodeloos om te se, het die aanvallers op die egpaar se voertuig losgebrand, die oomblik toe hulle by die werkers stilgehou het. (more…)
Read more
  • 0

Zoeloe Sonder Assegaai? Wapens is Eeuelank Deel van Ons Kultuur dus is Wapenontneming ‘n Aanval op ons Kultuur!

Bo en behalwe die skrikwekkende feit dat dit keer op keer bewys is, dat daar GEEN vermoë of vertroue is dat nog die SAPD nog die SANW, ons veiligheid kan of wil verseker nie, is dit ook ‘n diep gewortelde feit dat wapens deel van ons kultuur is, al vir eeue lank, en om ons van wapens te ontneem is om ons kultuur te beskadig. Gaan die ANC die Zoeloe van hul assegai ontneem? (more…)
Read more
  • 0

Boerenooiens staan dapper hul man deur aanvallers op ’n afstand te hou

Hannelie Jacobs (59), haar dogter Suretha (29) en haar 81-jarige ma, Grietjie van Vuuren, het dapper hul man gestaan en daarin geslaag om die aanvallers op ‘n afstand te hou tot hulp opgedaag het. Die drie vroue en vier kinders, waaronder ‘n ses-dae-oue baba, was alleen op die plaas in Krokodildrift-Wes toe drie aanvallers kort na 22:00 die vensters van die huis met klippe uitgegooi en die deure en veiligheidsdeure afgebreek het. “Ek was in die kamer saam met een van die kinders toe die venster agter my in skerwe spat. Ek het gesê hy moet na sy ma toe hardloop. Daar was drie mans en die volgende oomblik het vensters oral in die huis gebreek en hulle het groot klippe na ons gegooi,” het Hannelie aan Kormorant vertel. “Die rowers het die deur en veiligheidsdeur met ‘n pik oopgekap en in die huis ingekom. Hulle het die pik na Suretha en my ma gegooi. My dogter het gesê ek moet die kinders in die badkamer gaan toesluit. Ek het die kinders gegryp en gehardloop. Suretha het …
Read more
  • 0

Motorfietse brul teen Plaasaanvalle by Hartbeespoortdam

Die lug om Hartbeespoortdam gaan op 16 September 2017 gevul word met die gebrul van motorfietse teen plaasaanvalle. “Die Nasionale Motorfietsvereniging en sy assosiate gaan die dag fondse insamel om boere en plaaswerkers teen plaasaanvalle te help beskerm. Dié fondse sal tydens Agri SA se kongres in Oktober 2017 aan die Agri Securitas Trustfonds oorhandig word”, sê Ben Stander, voorsitter van die reëlingskomitee. “Ons as motorfietsentoesiaste kan nie langer terugsit en toesien dat boere en plaaswerkers wat ‘n bate vir ons land is vermoor word, sonder dat ons iets daaraan doen nie. Daarom reël ons die pretdag by die Hartbeespoortdam vakansieoord om fondse in te samel vir die Trustfonds. Ons kan ons vereenselwig met die werk wat die Trustfonds doen om die boerderygemeenskap teen plaasaanvalle te help beskerm en is oortuig daarvan dat die Trustfonds die regte voertuig is om die fondse te ontvang”, sê Piet Jooste, lid van die reëlingskomitee. Kiewiet Ferreira, waarnemende …
Read more
  • 0