NVG en Valke te Sleg om hul ANC Makkers te Vervolg, Kruip weg Agter Heksejag vir Dekades oue “Misdade” van Apartheidsera!

Die land val uit mekaar uit en word oorheers deur bendes, kriminele, bedreigers en korrupte ANC kaders, wat Miljarde belastingbetalers geld in hul sak steek, en die NVG en Valke het heeltemal misluk, om enige verskil in die tsunami van misdaad te maak. Inderdaad, nie eens 56 moorde per dag in gruweldade soos plaasmoorde, verkragtings, kapings, huisbesettings, marteling, transito rooftogte waar bombe en masjien gewere gebruik word, ensovoorts, kan hul aanspoor om wet en orde toe te pas nie. Die NVG en Valke wil liewer lyf wegsteek en die ou apartheids donkie looi, om die aap agter die bos te gaan haal, om drie dekade oue “misdade” te gaan soek van die apartheids era. Hulle vergeet dat onder apartheid was die ANC verban, vir goeie rede, want ons sien elke dag die hel wat ANC se sosialisme meegebring het. ‘n Kommunis se misdaad is ‘n ander se veiligheid, en dit is die NVG en Valke se verskoning om nie hul eie makkers te agtervolg nie. (more…)
Read more
  • 0

Bejaardes lê ure vasgebind na plaasaanvallers inreek by hul plaashuis naby Pretoria

’n Egpaar van in hul 80’s moes heelaand vasgebind lê terwyl rowers hul plaashuis geplunder het. James (84) en Lenie Leask (87) van Boekenhoutskloofdrift, tussen Pretoria en Cullinan, kon eers Maandagoggend om 07:00 hulp ontbied toe hul werkers ingekom het. André van Heerden van die Cullinan-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sê die egpaar is nie seker presies wanneer die aanvallers Sondagaand die huis ingekom het nie, maar hulle het wakker geword toe ’n flitslig in hul oë geskyn word. Dit is onbekend of die rowers gewapen was, maar daar was vermoedelik drie van hulle. Hulle het die diefwering voor een van die vensters afgeknip, waarna hulle die slapende Leasks in hul slaapkamer verras het. “Die slagoffers is met elektriese koorde vasgebind en die kamerdeur is van buite af gesluit. Daarna het die rowers deur die hele huis, byna elke laai en kas, gegrawe. “Hulle het van die drank in die huis gedrink en elektroniese toerusting, soos selfone, ’n televisie en skoot…
Read more
  • 0