ANC-Vakbonde neem Korrupte ANC-regering na ANC-hof oor Salarisse van die Korrupte ANC Staatsdiens!

Wanneer hansworse die sirkus beheer, of is dit diewe wat die Bank beheer? Na 'n maande lange stryd oor salarisverhogings tussen die ANC-staatsdiensektor, met die vakbonde as vennote teen die ANC-regering, kon die kwessies nie opgelos word nie, so hulle gaan nou na die ANC se konstitusionele hof om te 'n oplossing te vind. 'n Ruk gelede is aangekondig dat die ANC-regering nie geld het om salarisverhogings aan te bied nie, omdat al die geld gemors is aan grootskaalse sistemiese en institusionele korrupsie. (more…)
Read more
  • 0

Pretoria middestad in chaos gedompel – winkels is gestroop, geboue aan die brand gesteek en openbare vervoer opgeskort

Taxibestuurders het die strate ingevaar in Pretoria nadat een van hulle “kollegas” klaarblyklik deur ‘n uitlander gedood is. Verskeie winkels van uitlanders is gestroop en ‘n gebou is aan die brand gesteek. Pendelaars was gestrand nadat openbare vervoer opgeskort is. Die polisie moes oproeriges uitmekaar jaag wat die brandweervoertuie verhoed het om die toneel te bereik. Die burgemeester van Pretoria, Stephens Mokgalapa, het die optrede afgekeur en gesê dat vergeldings misdade nie verdra sal word nie. Verbygangers is met bottels en klippe bestook en veral media verteenwoordigers is met aggressie begroet. Pretoria se middestad is die afgelope twee dae in chaos gedompel, en mense word aangeraai om die deel van die stad te vermy.
Read more
  • 0