Dennis Haynes, vermis sedert 1986, word moontlik na 31 jaar opgespoor in Pretoria-Noord

ʼn Man van Bloemfontein wat in Februarie 1986 spoorloos verdwyn het, is moontlik ná 31 jaar in Pretoria opgespoor. Dennis Haynes was 22 jaar oud toe hy van Bloemfontein na Roodepoort vertrek het vir ʼn werksgeleentheid. Sy vrou en eenjarige dogtertjie het in Bloemfontein agtergebly. Dennis het egter nooit teruggekeer nie en sy familie kon hom nie in die hande kry nie. Hy is as vermis by die polisie aangemeld, maar ʼn soektog na hom het niks opgelewer nie. Desireé Haynes, Dennis se suster, was baie jonk toe haar broer vermis geraak het. Sy het Vrydag aan Maroela Media gesê dat die familie mettertyd aanvaar het dat hy waarskynlik dood is. “ʼn Vriendin van my het ses weke terug besluit om bietjie te begin krap. Ons het nie gedink ons sal hom lewend opspoor nie, maar ons wou graag weet watndestyds met hom gebeur het,” het Desireé gesê. Desireé se vriendin het ʼn Facebook-blad begin waarop sy ʼn foto van hom geplaas het en gevra het dat enigiemand wat hom moontlik gesien het …
Read more
  • 0