Sanco dreig om Pretoria se middestad tot ʼn stilstand te bring

Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het gedreig om Donderdag Pretoria se middestad tot ʼn stilstand te bring om oor dienslewering te betoog. “Die gemeenskap van Tshwane in Gauteng word genooi om aan die massa-protesaksie deel te neem,” het Sanco in ʼn kennisgewing genoem. Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het bevestig die metropolisie het die kennisgewing van die beplande optog ontvang. “Die metropolisie het nie die optog goedgekeur nie aangesien die organisasie versuim het om aan sekere vereistes van die Byeenkomstewet te voldoen,” het Mahamba gesê. Volgens die kennisgewing gaan Sanco-ondersteuners omstreeks 10:00 van die ou Putco-busdepot in Marabastad tot by die Tshwane-huis stap. Die roete wat betogers beplan om te stap behels Struben-, Sophie de Bruin-, Madiba- en Lilian Ngoyistraat. Die optog sal na verwagting teen 15:00 klaar wees. Metropolisiebeamptes gaan na die middestad ontplooi word om die situasie te mon…
Read more
  • 0